John Newton, 1779 (Amazing Grace); .
’Genade onbeskryflik groot
Het U aan my bewys
Verlore seun ’n wegloopkind
Weer in die vaderhuis!
Ek is die naam van kind nie werd
Wou self my sake reël.
My lewe, kanse, tyd en geld
Is nutteloos verspeel.
Maar U sien ver, oneindig ver.
U sien my honger, dors.
Want toe ek kom, my skuld bely,
Druk U my aan die bors.
Genade onbeskryflik groot:
Daar’s fees, ek is weer tuis!
U Seun bring my—verlore mens
Weer na die vaderhuis.
En jy, ou maat, daar eenkant weg?
Lyk of jy honger ly.
Kom na die Vader; kom maak reg.
Genade maak weer vry.